|
| Home | Sermons & Notes |
School of Discipleship |
School of Evangelism |
Church Life | Resources |
1 Kor. 1:30 Maar
deur
Hom is julle in Christus Jesus, wat
vir ons geword het wysheid uit God en geregtigheid en heiligmaking en
verlossing.
Volgens
die Nuwe Testament
So is
julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van
die
heiliges en huisgenote van God, 20 gebou op
die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus
Christus self die hoeksteen is, 21 in
wie
die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot
Dink
asseblief na oor die tekste wat volg en vertrou die Here om
nuwe dinge vir u oop te maak oor gemeentelewe.
2 Kor. 5:17 Daarom,
as iemand in Christus is, is hy
Kol 3:11 waar
daar
nie Griek en Jood, besnedene en onbesnedene, barbaar, Skith, slaaf,
vryman is
nie, maar Christus is alles en in almal.
Gal.
6:15-16 Want in Christus Jesus het
nòg die
besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar
Rom. 12:4-5 Want
soos
ons in een liggaam baie lede het en die lede nie almal dieselfde
werking het
nie, 5
so is ons almal saam een liggaam
in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar..
1 Kor.
10:17 Omdat dit
een brood is, is ons almal een liggaam, want ons het almal deel aan die
een
brood.
1 Kor.
12:12-25
Want net soos die liggaam een is en baie lede het, en al die
lede van
die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus. 13 Want ons is almal ook deur een Gees gedoop
tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is
almal
van een Gees deurdronge. 14 Want ook
die liggaam is nie een lid nie, maar baie.
15
As die voet sou sê: Omdat ek nie die hand is nie, behoort ek nie
aan die
liggaam nie--behoort hy daarom nie aan die liggaam nie?
16 En
as die oor sou sê: Omdat ek nie die oog is
nie, behoort ek nie aan die liggaam nie--behoort hy daarom nie aan die
liggaam
nie? 17 As die hele liggaam oog was, waar sou die
gehoor wees? As dit geheel en al gehoor was, waar sou die reuk wees? 18 Maar nou het God elkeen van die lede in die
liggaam gestel soos Hy gewil het. 19 As almal
een lid was, waar sou die liggaam wees? 20 Maar nou
is
daar wel baie lede, maar net een liggaam.
21
En die oog
Efes. 1:23 wat
sy
liggaam is, die volheid van Hom wat
alles in almal vervul.
Efes. 2:16 en
albei in een liggaam met God kon versoen deur
die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het.
Efes. 4:4 Dit
is een liggaam en een Gees, soos julle ook
geroep is in een hoop van julle roeping;
Efes. 4:12 om
die
heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van
die liggaam van Christus,
Efes.
4:15-16 maar,
terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom
wat die Hoof is, naamlik Christus,
16 uit
wie die hele liggaam--goed saamgevoeg en saamverbind deur die
ondersteuning
wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy
mate--die
groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde.
Efes. 5:30 Want
ons
is lede van sy liggaam, van sy vlees en van sy bene.
Kol 1:18 En
Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die
gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste
Kol 2:19 en
nie
vashou aan die Hoof nie, uit wie die hele
liggaam deur die
gewrigte en verbindinge ondersteuning ontvang en saamgebind word en so
met
goddelike groei groot word.
Kol 3:15 En
laat
die vrede van God, waartoe julle ook in
een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar.
Op grond van
hierdie waarhede
volg dit logies dat:
DNA GROEPE
1. Hoekom DNA Groepe?
DNA molekules bevat die genetiese materiaal vir die
funksionering en
ontwikkeling van alle lewende organismes.
DNA groepe is dissipelskap groepe van 2 tot 20 mense wat die
platform
skep vir dissipels van Christus om saam met ander dissipels te groei in
gelykvormigheid aan Christus. Dit is
bedoel om die basiese boublokke van ware gemeentelewe te wees en is ook
ideal
vir gesinne. Dit stimuleer groei op alle
vlakke van dissipelskap. Dit is gefokus
op:
Hierdie kort handleiding is ‘n praktiese hulpmiddel wat
bedoel is om
gelowiges te begelei in die proses van dissipelskap in die gemeente.
2. Bou op die Rots
Ons hele benadering bly deurentyd dat die Christus-lewe
die enigste ware
basis is vir gemeentelewe.
Meegaande materiaal (sien die "Sermons and Notes" blad):
C CD 1: Die
Omgeruilde Lewe
C CD2: ‘n
Gemeente vol Lewe
C CD3:
Dissipelskap in die Gemeente 1 (Teorie)
C CD4:
Dissipelskap in die Gemeente 2
(Praktyk)
O Ons stel voor dat u hierdie CD’s deurwerk met
aanvang
van die DNA Groepe.
3. Vier kanale
van die Christus-lewe:
Christus leef reeds in elke ware wedergeborene. Die probleem is dus nie dat ons meer lewe
moet ontvang nie, maar dat daar meer vloei van lewe moet wees. Die volgende vier kanale is bewys reg deur
die geskiedenis van die kerk as die manier waardeur God Christus laat
uitvloei
in die gemeente en na die nasies:
1. - Die Woord
2. - Gebed
3. - Praktiese
Gehoorsaamheid
4. - Uitreiking
Die model wat volg is bedoel om in die gemeente ‘n
kultuur te skep wat die
lewe van Christus deur bogenoemde vier kanale
Let asseblief daarop dat dit die Gees is wat lewend maak,
volgens
Johannes 6:63. Die vlees is van geen nut
nie. Daarom moet elke praktiese punt
hier onder biddend benader word in afhanklikheid van en vertroue in die
werking
van die Heilige Gees.
4. Notas by CD4:
Praktyk van DNA Groepe
1. Gee terugvoering oor wat jy die vorige
week
geleer het.
2. Hoe het dit gegaan met die
gehoorsaamheidstappe?
3. Het jy dit met iemand gedeel?
4. Het die groep gehoor gegee aan wat die
Here
vir die groep gesê het?
5. ‘n
Memoriseringsvers. Hoe het dit gegaan
met die memoriseringsvers van
die vorige week?
Let wel dat die memoriseringsvers nie
gekies word
namens die indiwidu nie. Elkeen besluit self onder leiding van die
Gees watter vers
uit die gedeelte
hy wil memoriseer.
6.
Die
voorganger
7.
Vra die Heilige Gees om die Woord vir die dag te verlig.
8.
Lees die Gedeelte saam. Verkieslik
een vers per persoon, om
deelname
te bevorder.
9.
Iemand
som die gedeelte op in sy eie woorde.
10. Bespreek
die hele gedeelte. Watter waarhede staan
uit? Wat spreek jou
persoonlik aan?
11. Vra
stimulerende diagnostiese vrae vir die teks.
Enigeen in die groep
12. Bespreek
die gedeelte vers vir vers.
13. Wat
leer die gedeelte ons van God, van die mens en
14. Bid
saam deur die gedeelte met danksegging.
Die
voorganger
vir
vers in gebed deur die gedeelte.
15. Praktiese
Gehoorsaamheidstappe. “Wat moet ek gaan
doen?”
16. Wat sê
die Here vir ons as groep uit hierdie gedeelte?
Wat
moet ons gaan doen?
17. Met
wie
gaan jy dit deel? Vra die Heilige Gees
om jou te lei.
18. Lofprysing
en Aanbidding. Sing ‘n lied of twee.
19. Hoe
gaan dit met jou? Waarvoor
20. Sluit
af met intersessie vir sake buite die groep: sending
ensovoorts.
‘n
Paar Praktiese riglyne:
-
Niemand in die groep mag preek of
lering gee nie. Daar is plek vir lering,
maar by ‘n ander geleentheid.
-
Bly by die gedeelte onder bespreking
en moenie te veel rondspring na ander gedeeltes in die Woord nie.
-
Hoor wat die Heilige Gees vir jou sê uit die gedeelte. Dit is dus nie die plek om ander predikers en
leraars se kommentaar op die gedeelte aan te haal nie.
5. Waar begin ons?
Dit is baie belangrik dat ons die regte fondasie lê van
die begin
af. Die volgende teksgedeeltes word
voorgehou as ‘n goeie wegspringplek vir u studie saam met die groep. Dit is ‘n kombinasie van fundamentele
waarhede en ‘n inleiding tot die verstaan van die Christus-lewe:
Jes. 53
Christus, die Lydende Kneg
Johannes 17
Die Allerheiligste
Verse 1-5
Die
Heerlikheid van die Vader en die Seun
Verse 6-19
Die Heerlikheid geopenbaar
Verse 20-26
Die Heerlikheid in eenheid met
Christus
Lukas 24:36-53
Goeie nuus vir alle nasies
Matt 28:16-20
Die uitvloei
van die Christus-lewe
Hand. 1:1-11
Laaste
instruksies van Jesus
Hand. 2:36-47
Die Gemeente vol lewe
Joh. 3:1-16
Die
Wedergeboorte
Ef. 2:1-10
Sekerheid
van Saligheid
2 Kor. 3:1-18
‘n Nuwe
Verbond
Ef. 1:3-14
God
se Ewige Voorneme
Kol. 1:15-20
Die
Voorrang van Christus
Ef. 1:15-23
Gebed
vir openbaring
Ef. 3:14-21
Gebed
vir krag in Christus
Fil. 2:1-8
Nederigheid in Christus
Fil. 3:1-16
Om
Christus te ken
Heb. 10:1-25
‘n Rein gewete
1 Joh. 1:1-2:2
Gemeenskap met God
1 Kor. 1:18-31
Die wysheid van God
1 Kor. 2:1-16
Openbaring deur die H.G.
Rom. 6:1-11
Ons identifikasie met Christus
Kol. 3:1-17
Heiligmaking
in Christus
Gal. 5:16-26
Wandel deur die Gees
Rom. 8:18-27
Verheerliking / Die verlossing van die
liggaam
1 Kor. 13:1-13
Die Doelwit (sien 1 Tim. 1:5)
Efes. 5:18-33 Christus
in ons Huis: Mans en Vroue
Efes. 6:1-4
Christus in ons Huis: Ouers en Kinders